Mahatma Gandhi

Mohandas Karamchand Gandhi
Mahatma Gandhi in die laat 1930's
Gebore
Mohandas Karamchand Gandhi

2 Oktober 1869
Sterf30 Januarie 1948 (op 78)
NasionaliteitIndies
BeroepAdvokaat, woordvoerder, onderwyser moraal, asketiese en pasifis.
Bekend virLeier van die Indiese Onafhanklikheidsbeweging, askeet, pasifis
TitelGroot Siel Gandhi
Politieke partyIndian National Congress
EggenootKasturba Gandhi
KindersHarilal
Manilal
Ramdas
Devdas
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Mohandas Karamchand Gandhi (Gujarati: મોહનદાસ કરમચંદ ગાંધી, Devanagari: मोहनदास करमचंद गांधी; 2 Oktober 186930 Januarie 1948), genoem Mahatma Gandhi (groot Siel Gandhi soos hy populêr bekend staan, en uit eerbied genoem word), was die denker en charismatiese volksleier wat Britse koloniale Indië heerskappy bevraagteken het en onder die wêreld se aandag gebring het. Sy idees, veral die satyagraha-model van vreedsame protes, het nasionalistiese bewegings internasionaal beïnvloed.

Mahatma Gandhi en sy vrou Kasturbhai in 1902

Gandhi het by wyse van, onder andere, 'n hongerstaking, Indië se onafhanklikheid van die Britse oorheersing bewerkstellig en daarmee ander volke wat onder koloniale heerskappy gestaan het, geïnspireer om hul onafhanklikheid te verkry. Sy aktiwiteite het uiteindelik bygedra tot die einde van die koloniale era van die Britse Ryk en die opkoms van die Britse Statebond.

Gandhi se konsep van satyagraha ("waarheidsmag"), wat vertaal kan word as "weg van die waarheid" of "navolging van die waarheid", het heelwat demokratiese en anti-rassistiese aktiviste geïnspireer, insluitende Martin Luther King jr. en Nelson Mandela. Gandhi se lewenswaarhede het uit tradisionele Hindoe-oortuigings ontstaan, en sluit waarheid (satya) en vreedsaamheid (ahimsa) in.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne